| |
|
|
| |
INTERCHRISTEN
|
|
| |
|
|
| |
'N
"NUWE" GEREFORMEERDE AFRIKAANSE EVANGELISASIE- EN
OPLEIDINGSORGANISASIE IN AUSTRALIË.
|
|
| |
|
|
| |
Dr
Jan en Mev Elise Grey is vanaf 3 Desember 2007 in Australië om,
kragtens hulle roeping en Kerkraads- en Ringsbesluite, bogemelde
organisasie/bediening te bedryf onder beskerming van die NG Kerk
Pretoria-Oosterlig en die Ring van Elarduspark "in association with
the Uniting Church in Australia"met die oog op die moontlike totstandkoming
van 'n "Afrikaanse Kerk en of -Gemeentes in Australië" ... of hoe
die Here ookal sal lei.
Ons sal veral op die Ooskus van Australië konsentreer met ons woonplek
en basis binne redelike trefafstand vanaf Brisbane, die Gold
Coast, die Sunshine Coast en die hinterlande en verder
Noordwaarts en Suidwaarts en hopelik diep die binneland in.
Ons sal ook wil skakel met Die "Perth Afrikaans Reformed Church"
- Epos: ds.Gerhard@parc.org.au
of voorsitter@parc.org.au.
Jan is lankal bevestig as 'n NG predikant en sedert die begin van
1994 is hy 'n predikant van die NG Kerk Pretoria-Oosterlig as 'n
voltydse rondreisende Predikant-Evangelis. Hy was eers getaak vir
"Evangelisering in wyer verband" (bedoelende wyer as net een gemeente
en/of gebied). Later is hy ook gesekondeer na Australië "… om 'n
bediening onder Afrikaanssprekendes in Australië te help opbou,
met die doel om 'groeperinge' tot stand te laat kom soos
wat die Here mag lei."
Elise was eers 'n argitek en is lankal 'n uitgewer en landwye,
en wyer, Christelike spreekster. Elise ondersteun hom 100% in die
taak!
Die bogemelde organisasie wil graag so wyd as moontlik saamwerk
met soveel Christen gelowiges as moontlik om die Koninkryk van God
en "Die Heilige,Algemene Christelike Kerk'" te dien, deur Die Groot
Opdrag (soos vervat in Matt 28:19-20) te help uitvoer: "Gaan dan
na al die nasies toe en maak die mense My dissipels …"
[Ons sal die evangelie, waar moontlik en/of nodig, ook in
Engels verkondig.]
ONS BELYDENISGRONDSLAG
Die normale Protestants/Gereformeerde belydenisse. Ons kan dus gemaklik
met die meeste Christen-gelowiges, kerke, gemeentes en/of groeperinge
saamwerk. |
|
| |
|
|
| |
ONS ROEPING NA AUSTRALIË EN ONS DOELWITTE
Ons wil graag soveel as moontlik Afrikaanssprekendes help
om geestelik lewendig te wees of te word en betrokke te raak in
reeds-bestaande kerke, gemeentes en "groeperinge". 'Wat' en 'hoe'
weet ons nog nie presies nie: Hieroor sal ons koppe bymekaar sit
om by die 'n werkswyse uit te kom en saam te sien hoe dit dan sal
uitkristalliseer.
Ons wil eerstens die evangelie in Afrikaans in Australië
verkondig, omdat ons dit as 'n leemte ervaar het aldaar: Afrikanssprekendes
sou graag die evangelie in Afrikaans wou hoor en aan Afrikaanse
"groepe" wou deelneem. Ons wil graag diegene wat nog nie by
die Here uitgekom het nie, na die Here lei. Diegene wat dalk teruggeval
het, wil ons weer die regte, ware en enigste evangeliese geestelike
pad laat kry.
Ons wil hulle dan, indien moontlik, by ander Afrikaanssprekende
gelowiges laat inskakel om só saam geestelik te groei. Waar daar
reeds sodanige gemeentes en groeperinge bestaan wil ons graag ernstig
met hulle saamwerk. Waar daar nie 'n groepie, groep, of groepe
van gelowiges is wat gereeld saamkom nie, sal ons graag help om
dit tot stand te laat kom. Ons sal ook deurentyd relevante Bybelstudieboeke,
ens. voorstel en D.V. beskikbaar hê.
Die meeste Afrikaanssprekendes in Australië het 'n latente stewige
geestelike fondament, al leef hulle dit dalk nie uit soos dit hoort
nie, of al het hulle, tot hulle eie skade, bietjie "uitgerafel"
geraak … juis ook dalk as gevolg van die afwesigheid van georganiseerde
geestelike geleenthede waarby hulle as Afrikaners / Afrikaanssprekendes
kon inskakel. Dit is juis hierdie leemte wat gevul moet word. As
alles mooi uitwerk, soos ons vertrou dit sal, sal baie persone wat
tans redelik afgesonder en onbetrokke voel, baie meer betrokke raak.
As almal mooi saamwerk kan daar mettertyd 'n groot getal gebalanseerde,
gelowige en getuigende mense, veral Afrikaanssprekendes, in Australië
wees! Dit sal 'n wonderlike en baie noodsaaklike Christelike
getuienis wees! Ek dink hieroor stem ons almal saam.
Dan sal dit ook sommer terselfdertyd baie meer sin maak dat so baie
Afrikaanssprekendes juis na Australië gekom/gegaan het en nog sal
gaan/kom! |
|
| |
|
|
| |
ONS
EERSTE "VOOR-DIE-HAND-LIGGENDE" MODUS VAN OPTREDE
Ons is al meer as 30 jaar baie suksesvol in Suid-Afrika en elders,
besig met Evangeliese Seminare, Feminare (vir vroue), Jeugseminare,
optredes in gemeentes en kerke (meestal in reekse), betrokke by
Bybelstudiegroepe, die skryf van Bybelstudieboeke, kleingroepe,
opleiding (veral vir evangelisasie) … veral met die oog op die verbreiding
van die Evangelie EN VERAL OM MENSE SEKERHEID OOR HULLE EWIGE
BESTEMMING IN DIE HIERNAMAALSE LEWE TE LAAT KRY.
Dit was nou Suid-Afrika ...
Nou vir Australië: Ons wil omtrent dieselfde doen,
met en vir spesifiek Afrikaanssprekendes. Die groot skuif na 'n
ander land bring geweldige ontwrigting mee en het dit ook op groot
skaal meegebring. Daarom wil ons graag ons beste lewer om, veral
Afrikaanssprekendes, in Afrikaans te bedien en te
laat bedien. Ons wil die Evangelie roekeloos verkondig en weet dat
baie mense die Here gaan aanneem; tot bekering gaan kom en sekerheid
van hulle redding gaan kry! Dan sal hulle as indiwidue betrokke
raak in groter en kleiner groeperinge, studiegroepe, kerke, gemeentes
(bestaande en nie-bestaande); sodat almal saam geestelik sal groei
om 'n groot bydrae te lewer op geestelike gebied; tot eer van God!
In II Timoteus 2:2 skryf Paulus vir Timoteus hoe gelowiges betrokke
behoort te raak by andere: "Wat jy my voor baie getuies hoor verkondig
het, moet jy toevertrou aan betroubare manne wat bekwaam sal wees
om dit ook aan ander te leer." … Ons praat dus van 'n groot en
nodige Evangeliese uitreik!
Ons vertrou dat daar uit hierdie "groeperinge" bewegings sal ontstaan
wat sal uitloop op nuwe verhoudings, selgroepe, bybelstudiegroepe,
gemeentes, kerke en noem maar op. Hulle kan dan weer in 'n tipe
van 'n verband met mekaar tree vir groter eensgesindheid, geestelike
invloed, trefkrag, samehorihgheid en dies meer om so 'n baie goeie
invloed uit te oefen in ons nuwe land!
WAT WIL ONS DUS NOU DADELIK EN
LATER DOEN?
Ons wil met soveel as moontlik Afrikaanssprekendes kontak
maak en dan saamgesels oor 'n Modus Operandi. Ons dink reeds
aan alles wat hierbo geskryf staan, maar wil baie graag met ander
belangstellendes hier in Australië en in Suid-Afrika saamgesels.
Ek glo daar sal baie wees wat wil en … "then we will move
with the movers!"
DIE BESTE METODE SAL WEES DAT ALMAL WAT BELANGSTEL MET ONS MOET
KONTAK MAAK!
PERSONALIA: JAN, ELISE EN HULLE KINDERS
WOON NOU IN AUSTRALIË.
Ons oudste seun ("Media Branding Specialist"), sy vrou en
eerste seun kom Oktober finaal oor na Aus. Hy het al 6 jaar in NZ
gewoon voordat hy terug is RSA toe.
Ons oudste dogter, getroud met 'n Vrystater, (albei argitekte,
1 en binnekort 2 kleinseuns) woon in Sydney.
Jonger dogter (Practice & Design Manager by 'n argiteksfirma)
en Skotse man (IT Specialist) woon ook in Sydney.
Jongste seun: Student in "Digital Filming" by die SAE "uni"
in Byron Bay.
As die bogemelde "InterChristelike Organisasie" groei, sal veral
Jan, maar ook Elise, soos die tyd aanloop, die ooskus van Australië
so wyd as moontlik bedien en ons sal baie binnekort as 'n welsynsorganisasie
("a Charity") geregistreer wees. Donasies aan die Bediening/Organisasie
sal dus belastingaftrekbaar wees. Ons sal onsself vir eers finansieel
dra en vanuit Suid-Afrika ondersteun word deur mede-gelowiges.
Die NG Kerk in Suid-Afrika se Moderamenvergadering het juis ook
kort gelede ernstig besin oor wat die kerk in Suid-Afrika kan doen
om sy lidmate in die buiteland (veral Australië) by te staan. |
|
| |
|
|
| |
NB!
Die voormelde reeds-genoemde gedagtes en bedrywighede sal hoogswaarskynlik
daartoe lei dat allerlei ander persone (ook predikante) op 'n
meer voltydse en/of
deeltydse manier sal moet kom deelneem aan die bediening.
|
|
| |
|
|
| |
'N
ONGELOOFLIKE BELANGRIKE INSIG WAT BEGRYP MOET WORD!
DAAR IS DIEGENE WAT, SONDER ENIGE REDELIKE GRONDE, GLO, SÊ EN
DINK DAT
'N AFRIKAANSE BEDIENING IN AUSTRALIË NIE NODIG OF WERKBAAR IS
OF SAL WEES NIE.
NAVRAAG EN NAVORSING HET EGTER UITGEWYS DAT DAAR NOG VIR 'N BAIE
LANG TYD,
EN DALK VIR ALTYD, 'N DEFINITIEWE RUIMTE VIR 'N EVANGELISTIESE
AFRIKAANSE
BEDIENING EN VIR AFRIKANERS IN AUSTRALIË SAL WEES!
DAAR IS GEEN GOEIE REDE, BEHALWE 'N MISPLAASTE MISKONSEPSIE EN/OF
PESSIMISME, WAAROM 'N AFRIKAANSE BEDIENING, ANDER AFRIKAANSE GROEPERINGE,
AFRIKAANS
EN AFRIKANERS NIE SAL KAN AANHOU GROEI EN BESTAAN IN AUSTRALIË
NIE.
SUID-AFRIKANERS IS BESIG OM 'N GEWELDIGE GROOT IMPAK TE MAAK IN
AUSTRALIË
EN WORD HOOG AANGESLAAN IN DIE SAMELEWING!
NB! ANDER VOLKSGROEPE HET HULLE IDENTITEIT EN TAAL NOG ALTYD IN
AUSTRALIË
GEHANDHAAF EN BEHOU, JUIS OMDAT DIE AUSTRALIESE REGERING BAIE
STERK
VOORSTAANDERS IS VAN "MULTI-CULTURALISM" EN 'N "MULTI-CULTURAL
SOCIETY"
- DIT IS DEEL VAN "THE AUSTRALIAN WAY OF LIFE!"
DIE REGERING WIL JUIS GRAAG HÊ DAT VOLKS- ,TAAL- EN KULTUURGROEPE
HULLE KULTUUR, TAAL EN VOLKSVERBAND MOET BEHOU EN UITBOU!
DIT IS HOOG TYD DAT, VERAL ONS AFRIKANERS, ONS KOPPE MOET OPTEL,
DIE VERLEDE
MOET LAAT WAAR DIT HOORT EN ONS VINGERS MOET OPSTEEK OM GETEL
TE WORD!
EK GLO VAN HARTE DAT AFRIKAANSPREKENDES 'N ONNOEMBARE GOEIE BYDRAE
KAN
MAAK IN DIE AUSTRALIESE SAMELEWING; VERAL OP GODSDIENSTIGE TERREIN
AS
INVLOEDRYKE CHRISTEN-GELOWIGES!
|
|
| |
|
|
| |
Uiteindelik
is die Greys nou in Australië! Jan sorg steeds vir sy eie befondsing
vir die bediening deur finansiële ondersteuners (supporters/donors)
te werf in Suid-Afrika en Australië. Só kry gelowiges die geleentheid
om finansieel by te dra vir die verkondiging van die evangelie.
DIE TOEKOMS
Ons sê soos Rev Dwight L. Moody van ouds: "We are going to heaven
and we want to take as many people as possible with us!" Ons
sal almal saam getuies wees van 'n kragtige werk wat deur die Here
hier in Australië gedoen word.
LAAT ONS ASSEBLIEF VAN JULLE
HOOR! LAAT ONS JULLE ADRESSE KRY. ONS HOOR GRAAG VAN SUID-AFRIKANERS
WAT FAMILIE HET IN AUSTRALIË. ONS HOOR GRAAG VAN AFRIKAANSSPREKENDES
IN AUSTRALIË. LAAT ONS AS CHRISTENE ONS VLAG HOOG LAAT WAPPER!
Groete in Christus,
Jan en Elise Grey. |
|
| |
|
|
| |
|
|
| |
|
|
| |
<<
Terug na Lady Grey Collections |
|
| |
|
|
|